Vroue en Diabetes

Wat is diabetes?

Vroue en Diabetes

Wat is diabetes?

Diabetes is ‘n toestand waar die bloedglukose (suiker) te hoog bly wat n negatiewe effek op jou gesondheid het (dit beskadig die senuwees en bloedvate).  Diabetes kom in die algemeen later in die lewe voor veral by mense met ‘n ongesonde dieet,  min oefen en mense wat gewig optel.

Vroue wat diabetes het staan ‘n groter kans om hartsiektes te ontwikkel  as gevolg van hoer estrogeen vlakke.  Sommige vrou kan “swangerskap diabetes” ontwikkel – die persoon is heeltyd dors, urineer baie en verloor gewig ten spyte van die feit dat sy swanger is.

Indien “swangerskap diabetes” vroeg genoeg ontdek word word die risiko aansienlik verminder – insulien word aanbeveel en solank die bloedsuikervlakke normaal bly kan insulieninspuitings gewoonlik gestaak word sodra die baba gebore word.

Diabetes word deur alle mediese fondse as n PMB toestand erken en kan lede d.m.v  ‘n aansoekvorm vir chroniese medikasie / registrasie van PMB toestande wat deur lid se dokter voltooi word tesame met die voorskrif vir medikasie die toestand laat registreer by hulle mediese fonds.  Enige toetsuitslae en verslae as bevestiging van diabetes moet ook ingedien word.

‘N paar feite rondom vroue en diabetes:

  • Daar is ongeveer 200 miljoen vroue wereldwyd wat aan diabetes lei
  • 30% tot 40% vroue wat diabetes het het probleme met seksuele funksie
  • Swangerskap diabetes kom gewoonlik vanaf die 24 ste week van swangerskap voor

Ek stel voor dat jy jou elke jaar laat toets vir diabetes om sodoende dadelik met behandeling te begin.  ‘n Gesonde leefstyl, genoeg oefening en die staak van tabak inname  is maar net ‘n paar voorkomende maatreels om diabetes te probeer hokslaan.

Vir enige navrae of hulp om diabetes as kondisie by jou mediese fonds te registreer kan die Mediese fonds afdeling by Raddix gekontak word om jou hiermee te help.

0 thoughts on "Vroue en Diabetes"

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Sign up for our Newsletter

© Raddix Group (Pty) Ltd is the holding company of its subsidiaries. Raddix Wealth (Pty) Ltd, FSP no: 44458 Raddix Life (Pty) Ltd, FSP no: 44747 | National Risk Specialist (Pty) Ltd, FSP no: 43832